Slaan oor na produkinligting
1 van 1

Walter Volker

Suid-Afrika se Oorlogsmasjien - Heitman, Helmoed-Römer

Suid-Afrika se Oorlogsmasjien - Heitman, Helmoed-Römer

Write a review
Gewone prys R 350.00 ZAR
Gewone prys Verkoopprys R 350.00 ZAR
Uitverkoping Uitverkoop

‘n Gids tot die verskeie voertuie, vliegtuie, vuurwapens, vaartuie en ander wapentuig en toerusting in gebruik deur die SAW teen die laat 1980s. Daar is hope foto’s plus spesikasies en beskrywings.

Helmoed-Römer Heitman het reeds verskeie artikels oor verdedigingsaangeleenthede vir Suid-Afrikaanse, Britse, Amerikaanse en Duitse tydskrifte geskryf, en is Jane’s Defence Weekly se Suid-Afrikaanse Korrespondent.

Hy het ‘n MA in Krygskunde by Kings College aan die Universiteit van Londen behaal, asook ‘n BA en ‘n BSocSci (Hons) graad in ekonomie en landsbestuur aan die Universiteit van Kaapstad. Sy aanstelling as infanterie-offisier in die Burgermag is S03 Operasies by Kommandement Westelike Provinsie in Kaapstad.

Hy het voorheen gedien as SO3 by 71 Gemotoriseerde Brigade en was ook ingedeel by Sektor 40 van die SWA Gebiedsmag in Windhoek. Hy het die SA Leërkollege se junior stafdienskursus geslaag.

Central News Agency, Johannesburg, 1985, 0-620-07442-6, Hb

Bekyk volledige besonderhede