Slaan oor na produkinligting
1 van 1

G5 Books

Die SAW en Cuito Cuanavale – Scholtz, Leopold

Die SAW en Cuito Cuanavale – Scholtz, Leopold

Write a review
Gewone prys R 175.00 ZAR
Gewone prys R 200.00 ZAR Verkoopprys R 175.00 ZAR
Uitverkoping Uitverkoop

Dit gebeur dikwels dat 'n skietoorlog 'n tweede oorlog gevolg word. Dié oorlog word nie met ammunisie of kartetse uitgevoer of met tenks en bomwerpers nie, maar met woorde. Die oorlog word as 't ware op papier oorgeveg.”

In 1987-1988 was die stowwerige Angolese dorpie Cuito Cuanavale die toneel van die laaste gevegte van die Grensoorlog. Sedertdien is dit die fokuspunt van 'n openbare debat oor wie hierdie oorlog gewen het.

Die leierskorps van die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) hou vol hulle is nooit verslaan nie, terwyl die alliansie van die Angolese MPLA-regering, Kuba en Swapo beweer hulle het die SAW uit Angola en Suidwes-Afrika verdryf. Hulle glo voorts die SAW wou Cuito Cuanavale beset en as afspringplek gebruik om Luanda in te neem.

Maar was Cuito Cuanavale ooit regtig 'n doelwit vir die Suid-Afrikaners? Dit is die vraag wat Leopold Scholtz vra wanneer hy onlangse geklassifiseerde dokumente in die weermagargief bestudeer het en die taktiese en strategiese besluite ondersoek wat 'n rol bepaal in die groot veldslae van dié veldtog.

Sy kritiese ontleding wys hoe maklik propaganda en politiek in die pad van feite kan staan.

Bekyk volledige besonderhede